Description
Bakgeheime, resespte vir elke okkasie.
OOR DIE SKRYWER
MARTJIE MALAN bak al vandat sy by die stoof kon bykom. Dié boek wys haar passie vir resepte lees en skryf en om stories en herinneringe daarmee te skep. Sy het in 2015 aan die bak-televisieprogram Koekedoor deelgeneem. Die program het haar blootgestel aan die televisiewêreld waar sy nou kombuishoof en mede-inhoudsvervaardiger is van twee suksesvolle bakrealiteitsprogramme vir kinders: Kokkedoortjie en Koekedoortjie. Martjie besit ook ’n kookskool vir kinders en volwassenes – die Martjie Malan Kookskool vir Kinders, waar sy as opgeleide onderwyser haar liefde vir kinders en kosmaak in een kombuis byeenbring.
OOR DIE ILLUSTREERDER
CLAUDIA LIEBENBERG se portefeulje bestaan uit vintage motorfietse en botaniese elemente, en sy het al plaaslik in al die groot stede uitgestal, asook in die VSA en Europa. Sy bly op die Oos-Kaapse platteland saam met haar man en hulle vier honde en werk op ’n plek met ’n asemrowende uitsig oor die Visrivier











Reviews
There are no reviews yet.