Back to Cookery

Bakgeheime, resepte vir elke okkasie

R500.00

Die boek sal jou inspireer om ’n voorskoot aan te trek, die oond aan te skakel en te begin bak.

Die pragtig geillustreerde boek is daarop gemik om van enige iemand ’n suksesvolle bakker te maak. Dit is gegrond op basiese baktegnieke en wenke. Die resepte is deeglik getoets en het maklike stappe om te volg. Daar word ook gefokus op die bakgeheime wat min ander bakboeke inhou. Dit sal vir jou die selfvertroue gee om die basiese resepte met gemak te bak en jou stadig maar seker die moed gee om die meer tegniese resepte te bemeester. Om tuis te bak gee vir jou ‘n uitlaatklep, ’n plek om kreatief te wees en geleentheid om iets te kan gee wat jy self gemaak het.

Die resepversameling sluit iets vir elke okkasie in; van kleingebak tot krummelrige pasteie. Lieflike koeke, blikke vol koekies, dekadente terte en eenvoudige skons is deel van die boek se gebak.

  • VERKOOPSPUNTE

    ’n pragtige geillustreerde bakboek

    maklike stappe om te volg

    sleutel baktegnieke

    jou gids to baksukses

    basiese bakvaardighede en -tegnieke

    pragtige geskenk vir enige iemand wat belangstel in gebak

Formaat 210 mm x 270 mm •Bladsye 228hardeband • ISBN 978-1-928429-11-1

7 in stock

SKU: 0034 Category:

Description

Bakgeheime, resespte vir elke okkasie.

OOR DIE SKRYWER

MARTJIE MALAN bak al vandat sy by die stoof kon bykom. Dié boek wys haar passie vir resepte lees en skryf en om stories en herinneringe daarmee te skep. Sy het in 2015 aan die bak-televisieprogram Koekedoor deelgeneem. Die program het haar blootgestel aan die televisiewêreld waar sy nou kombuishoof en mede-inhoudsvervaardiger is van twee suksesvolle bakrealiteitsprogramme vir kinders: Kokkedoortjie en Koekedoortjie. Martjie besit ook ’n kookskool vir kinders en volwassenes – die Martjie Malan Kookskool vir Kinders, waar sy as opgeleide onderwyser haar liefde vir kinders en kosmaak in een kombuis byeenbring.

OOR DIE ILLUSTREERDER

CLAUDIA LIEBENBERG se portefeulje bestaan uit vintage motorfietse en botaniese elemente, en sy het al plaaslik in al die groot stede uitgestal, asook in die VSA en Europa. Sy bly op die Oos-Kaapse platteland saam met haar man en hulle vier honde en werk op ’n plek met ’n asemrowende uitsig oor die Visrivier

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Bakgeheime, resepte vir elke okkasie”

Your email address will not be published. Required fields are marked *